UITSONDERLIKE KALAHARI WILD- EN VEEPLAAS – GOUE MYL LANGS DIE MOLOPORIVIER
Hierdie indrukwekkende 9 088 ha wild-, bees- en skaapplaas is geleë in die hart van die Kalahari langs die gewilde Moloporivierstelsel en vorm deel van die bekende “Golden Mile”-gebied – een van die mees gesogte dele van die Kalahari wat tans beskikbaar is.
Die plaas bied pragtige, ongerepte Kalahari-veld met rooi duine, ikoniese kameeldoringbome en uitstekende natuurlike weiding. Die eiendom is ideaal geskik vir bees- en skaapboerdery, wildsboerdery of die ontwikkeling van ’n eksklusiewe jag- en ekotoerismebestemming.
Die ligging naby die Botswana-grens verhoog die waarde en aantrekkingskrag van hierdie unieke eiendom, veral vir beleggers en kopers wat op soek is na ’n premier Kalahari-eiendom met ontwikkelingspotensiaal.
WOONHUISE & VERBETERINGS
Huis 1
2 Slaapkamers
2 Badkamers
Oopplan kombuis en leefarea
Groot toegeboude stoor naby die woning
Onderdak braai-area
Netjiese gevestigde tuin
Krag: 8 KVA sonkragstelsel en Eskom voorafbetaalde punt
Huis 2
3 Slaapkamers
2 Badkamers (waarvan een en-suite is)
Oopplan kombuis, eetkamer en TV-kamer
Stoep met ingeboude braai
Pragtige uitsig oor die plaas vanaf verhoogde ligging
Krag: 8 KVA sonkragstelsel
Werkershuis
3 Slaapkamers
1 Badkamer
1 Leefarea
Krag: Eskom voorafbetaalde punt
BOERDERY & INFRASTRUKTUUR
Drakrag: ±1 GVE per 18 ha
20 Goed beplande kampe
3 / 4 / 5-kamp wisselweidingstelsel
Elke kamp beskik oor eie waterpunt
Volledige beeshanteringsfasiliteite en krale
Abattoirfasiliteit met koelkamers vir wildsvleisverwerking
Slaap- en onthaalgeriewe in die veld vir jagters
WATERVOORSIENING
Kalahari-Oos waterpyplyn vanaf Kathu loop deur die plaas
Serwituutboorgat naby die eiendom
Betroubare waterverspreiding na al die kampe
WILD OP DIE PLAAS
Oryx – ±60
Eland – ±8
Springbokke – ±300
(Wildgetalle kan wissel volgens seisoen en tyd van die jaar.)
LIGGING
Grens aan Botswana
±100 km vanaf die Kgalagadi Oorgrenspark
±102 km vanaf Van Zylsrus
±77 km vanaf Askham
Hierdie besonderse Kalahari-eiendom bied ’n skaars geleentheid om ’n groot, veelsydige plaas met uitstekende infrastruktuur, betroubare water en groot ontwikkelingspotensiaal te bekom. Ideaal vir ’n kommersiële boer, belegger of koper wat ’n eksklusiewe leefstyl- of jagbestemming wil ontwikkel in een van die Kalahari se mees gesogte gebiede.